Belgiese paar probeer baba agterlaat op Israel-lughawe

Deel hierdie storie / Share this story

’n Belgiese paar het hulle baba probeer agterlaat op ’n lughawe in Tel-Aviv, Israel, nadat hulle nie vir die baba ’n vliegkaartjie gehad het nie.

Lees meer hier: Gerhard Ackerman se borgtog teruggetrek

Toe die paar aangesê is om vir die baba ’n aparte kaartjie te koop, het hulle die baba in die stootwaentjie by die aanmeldtoonbank gelos en weggeloop.

Die personeel by die sekuriteitstoonbank het geweier om hulle te laat loop en het hulle gedwing om die baba te gaan haal. Hulle het die polisie gebel, wat die paar dadelik in hegtenis geneem het.

Bronne: IOL, Business Today, Straits Times

Lees ook: Vier mans doodgeskiet by KwaMashu-manskoshuis