Een persoon is dood en ‘n nog ‘n persoon is ernstig beseer toe ‘n reuse storttrok (dumper truck) Woensdagaand oor ‘n Toyota Land Cruiser-bakkie by ‘n myn in Zambië gery het.
Mwebantu, ‘n Zambiese nuusplatform, berig die polisie het aan hulle bevestig dat die ongeluk by die Kalumbila-myn plaasgevind het. Die storttrok het oor die bakkie gery waarin die oorledene, Lolioan Chona (47), ‘n passasier was.
Chona is op die toneel dood en Davis Muyata (35), wat die bakkie bestuur het, het ‘n besering aan sy gesig en sy regterhand opgedoen.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



