Polisieminister verwelkom arrestasie van SAPD-lid wat glo seun verkrag, dit afneem

Deel hierdie storie / Share this story

Bheki Cele het tydens ‘n mediakonferensie die inhegtenisname van die 40-jarige Limpopo-polisiebeampte wat glo met haar seun seks gehad het, verwelkom.

‘n Video van die 40-jarige polisievrou wat glo met haar 10-jarige seun in 2020 seks het, het onlangs aan die lig gekom. Die video is wyd op sosiale media versprei, maar is sedertdien afgehaal.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het haar skok uitgespreek na die vrou se inhegtenisname op 20 Januarie en het beveel dat onmiddellike stappe ingestel word.

Die beampte is daarvan aangekla dat sy ‘n minderjarige verkrag het, en ook ander aanklagte oor grooming en kinderpornografie.

Die beampte sal na verwagting Maandag in die hof verskyn.

“Dis een van die pynlikste goed ooit as jy moet hoor dat ‘n lid van die SAPD in hegtenis geneem is. Sy is in hegtenis geneem en vir ons is sy nie meer ‘n lid nie, sy is ‘n krimineel.” – SABC News

FiND iT het voorheen berig die seun is intussen na ‘n plek van veiligheid geneem.