Konstabel in hegtenis na beweerde seks met haar seun

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Polisiekonstabel (40) is Vrydag 20 Januarie 2023 in hegtenis geneem nadat sy en haar seun (10) van Limpopo in ‘n video-opname op sosiale media verskyn het waarin sy hom glo seksueel molesteer.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder, sê lt.genl. Thembi Hadebe, die provinsiale kommissaris, het haar skok uitgespreek en beveel dat onmiddellike stappe ingestel word.

Na bewering kan in die video gesien word hoe die konstabel met haar seun seks het.

Die video het glo viral gegaan. ‘n Foto van die konstabel wat in FiND iT se besit is, word steeds op sosiale media versprei, maar dit wil voorkom asof die video verwyder is.

Lt.genl. Hadebe het die eenheid vir GKS opdrag gegee om dadelik ondersoek in te stel met die oog op die inhegtenisname van die polisiekonstabel en die kind na ‘n plek van veiligheid te verwyder.

Op 20 Januarie is sake van verkragting van ‘n minderjarige met addisionele klagtes die vervaardiging en verspreiding van kinderpornografie en seksuele voorbereiding (grooming) van ‘n kind teen die konstabel geregistreer.

Onmiddellike interne prosesse in terme van die SAPD se dissiplinêre regulasies is ingestel. Dit sal tegelykertyd saam met die kriminele ondersoek wat deur OPOD gedoen word, gehanteer word.

“The actions of this woman are deplorable and deserve harsh condemnation. Even though the suspect allegedly committed this crime when she was still Public Service Act employee of the SAPS, she should have known better that such unbecoming behavior deserved harsh consequences. The South African Police Service does not have the space for such people who tarnish its image,” het lt.genl. Hadebe gesê.

Die verdagte het Maandag 23 Januarie in die Marble Hall-landdroshof verskyn, waarna die saak tot 30 Januarie uitgestel is en sy in aanhouding bly.

Die seun (10) is verwyder en in ‘n plek van veiligheid geplaas waar hy sielkundige behandeling en ondersteuning ontvang.

Die konstabel se identiteit word ter wille van die minderjarige kind weerhou.

Lizzy Suping, OPOD woordvoerder, het dié departement se ondersoek na die polisievrou wat op Groblersdal in Limpopo gestasioneer is bevestig.

Die polisievrou sal na verwagting in die Siyabuswa-landdroshof verskyn vir ‘n borgtogaansoek.

Borg sal geopponeer word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.