Realiteitstelevisiester Paris Hilton het haar eerste babatjie saam met haar man, Carter Reum, met die hulp van ‘n surrogaat in die lewe verwelkom.
Hilton het Dinsdag ‘n foto van haar babaseun se hand in hare op sosiale media gedeel.
“Jy is reeds meer geliefd as wat woorde kan beskryf,” het sy by die plasing geskryf.

Sy het later aan People Magazine gesê dat dit nog altyd haar droom was om ‘n ma te wees. “Ek is so gelukkig dat ek en Carter mekaar gevind het. Ons is so opgewonde om ons gesin saam te begin en ons harte bars van liefde vir ons babaseuntjie.”
Die seuntjie is Hilton se eerste kind. Reum het ‘n 10-jarige dogter.



