Só gaan dit met Cayden wat malaria het

Deel hierdie storie / Share this story

Cayden Snyman (12), wat met malaria gediagnoseer is, veg moedig voort. Dit gaan baie beter met hom in die hospitaal as wat aanvanklik berig is.

Sy niere het urine uitgeskei, wat volgens sy ouers baie goed lyk. Sy tong is nog baie seer en hy is steeds effens geswel, maar het op sy pa se foon speletjies gespeel.

Die dokter het gister vir Cayden se ouers gesê dat hy tevrede is met sy vordering en sy kateter is ook uitgehaal.

Hy het intussen dialise ontang en word deur bloedtoetse gemonitor om te sien of hy nog dialise benodig. Hy sou ook uit die hoësorgeenheid verskuif word.

Die goeie nuus eindig nie hier nie. Hy het ook tydens sy ouers se besoek op 3 Januarie 2023 ‘n bietjie geeët, ten spyte van sy seer tong.

FiND iT het so berig:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.