Só gaan dit met Luca na hy in swembad val

Deel hierdie storie / Share this story

Luca, wat volgens sy ma Chantell Bothma in ‘n swembad geval en per helikopter vanaf Kosmos-hospitaal in Mpumalanga na Johannesburg gevlieg is, is steeds in ‘n intensiewesorgeenheid.

Carine Visagie, sy tannie, het kommentaar op FiND iT se oorspronklike berig gelewer en vertel hoe dit tans met die kleinding gaan.

Sy het eerstens dankie gesê vir mense se gebede en gesê dat dit goed gaan met Luca.

“Hy is tans op stage 4 suurstof en sal Vrydag op stage 3 gesit word terug op die ventilator.

“Omdat sy hartjie twee keer gaan staan het, was hy op die bloeddrukmedikasie gesit. Sy bloeddruk het nou stabiliseer, so sy medikasie is halveer. Sy longe lyk baie beter en ons seuntjie slaap nog onder sedasie. Hy is nog tans in ICU, maar ons vertrou vir volkome genesing. Hierdie tannie se hart is opgewonde vir hom om huis toe te kom. Dit was ‘n paar rowwe dae, en ons sal al die gebed waardeer. Ons vertrou volkome op die Here.”

Lees ook hier:

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.