Op 28 Desember 2022 om ongeveer 08:00 het ‘n perd in Kareestraat in SE3, Vanderbijlpark, inmekaargesak. Die hings, wat twee jaar oud is, het ‘n waentjie getrek toe hy weens uitputting inmekaargesak het.
Inwoners het die perd water en kos gegee. Terwyl die perd gelê het, het die eienaar hom probeer optrek om aan te gaan met sy taak.
Die DBV van Vereeniging was vinnig op die toneel.
Die Highveld Horse Care Unit het die perd is vir sy veiligheid van die eienaar verwyder en beslag op hom gelê. Die perd is tans op soek na ‘n nuwe tuiste nadat dit deur die nie-winsgewende organisasie gered is.
Indien jy belangstel om die perd aan te neem, kan jy aansoekvorms invul en indien wat op die webwerf van die Highveld Horse Care Unit te kry is te www.horsecare.org.za.
Alternatiewelik kan hulle by 082 921 1644 geskakel word indien meer inligting verlang word.
Bron: Vaalweekblad
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



