Ma en kleuter dood gevind, moord ondersoek

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou (36) en haar seun (3) se lewelose liggame is Dinsdag 3 Januarie 2023 om ongeveer 17:00 in ‘n woning in Nhlazatshe4, Elukwatini, Mpumalanga gevind.

Brig. Selvy Mohlala, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die gemeenskap het die polisie van die grusame fonds ingelig.

Polisie het hul na die toneel gehaas en die vrou se liggaam met ‘n elektriese koord daarnaas gevind. Die kleuter se liggaam was in die badkamer, met ‘n skuimagtige middel in sy mond, gevind.

Beide is op die toneel dood verklaar.

Sake van moord en geregtelike doodsondersoek word deur die Elukwatini-polisie ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.