‘n Jong seun wat in Tinley Manor op die Noordkus bly, is gistermiddag gered nadat hy in ‘n swembad geval het.
Die kind is deur omstanders uit die swembad getrek. Hy het nie reaksie getoon nie, waarna KPR toegepas is.
IPSS Medical Rescue en Medi Response is na die toneel ontbied waar gevorderde lewensondersteunende paramedici by die omstanders aangesluit het wat KPR toepas het.
Pogings om die seun deur KPR by te bring, was suksesvol en sirkulasie sowel as ‘n pols is teruggekry, waarna die jong kind in ‘n ernstige toestand na ‘n nabygelee mediese fasiliteit geneem is vir verdere bystand.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



