Cayden Snyman (12) van Laerskool Louis Trichardt in Limpopo is volgens sy ma Jacqueline van Saterdag af opgeneem in ‘n hospitaal waar verskeie toetse op hom gedoen is.
Sy het gesê dat dit tans nie goed gaan met hom nie.
Cayden het positief getoets vir malaria,wat sy niere aangetas het. Hy is op ‘n ventilator en is vir ‘n CT-skandering gestuur.
Hy het reeds bloedoortappings ontvang en bloedplaatjies word vanaf Pretoria ingewag.
Daar is op die Hemelse Pêrels NPC se sosialemediablaaie gevra vir gebede en finansiële hulp.
Verdere toetse in hierdie stadium is om vas te stel of die malaria na sy brein of ander dele van sy liggaam versprei het.
Indien ‘n bed in die ICU in Netcare911 Pholoso-hospitaal met ‘n ventilator oopgaan, sal hy van die Polokwane- provinsiale hospitaal oorgeplaas word. Wanneer hy oorgeplaas word, sal hy ook dialise kan ontvang.
Daar was is ‘n versoek vir ‘n ambulans wat gewillig sou wees om hom te vervoer, nadat hy vanoggend in Polokwane aangekom het en daar nie ‘n beskikbare dialisemasjien waarvoor herhaaldelik gevra is, beskikbaar was nie.
Sy ouers het intussen kwotasies gekry wat in die berig te sien is, waarvoor hulle hulp benodig.

Enigiemand wat ‘n finansiële bydrae wil maak, kan Hemelse Perels NPC kontak by 078 462 8503.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



