Logan Dyssel (9) van Secunda is ‘n besonderse seun wat op 26 Januarie 2023 sy derde opehart-operasie ondergaan.
Hy is gebore met ‘n hartdeffek en het reeds baie verduur. Daar is onlangs vasgestel dat slegs een van sy hartkleppe werk, wat ongelooflike stremming op sy reeds oorwerkte hart sit.
Hy sou aanvanklik reeds in Desember geopereer word, maar sy familie het versoek dat die operasie uitgestel moes word, sodat daar geld ingesamel kan word vir tekorte wat hul mediese fonds moontlik nie sal dek nie, sowel as vir verblyf en-vervoerkostes vir sy familie om deurentyd naby hom te kan wees tydens die operasie en die herstelproses.
Sy vorige twee opehart-operasies het in 2014 en 2019 plaasgevind. Daar was beide kere tekortbetalings van hul mediese fonds wat deur die ouers betaal moes word.
Die voorspelling is dat Logan nog drie jaar met sy huidige klep sou kon loop, was dit nie dat hy ‘n bakteriële infeksie opgedoen het wat die klep verswak het.
“Sy dokter het ‘n baie goeie nuwe klep wat op die mark is voorgestel, wat vir ongeveer agt jaar kan werk,” sê mamma Sammy.
Dit is nog onseker of die mediese fonds die nuwe klep sal betaal.
Die jong seun is skrander en het goed gedoen in die skool, maar word weens vrees vir enige tipe infeksies tans tuis gehou.
Indien enigiemand Logan wil ondersteun met donasies kan sy ouma by 060 994 0552 gekontak word.
Sy ouma sê hulle is ook besig om ‘n Trust-rekening vir hom oop te maak en ‘n BackaBuddy te registreer.
Met FiND iT se gesprekke met die familie kan jy hoor hulle doen alles in hul vermoë om vir Logan by te staan en kan jy hoor hy is ‘n baie spesiale seun waarop hulle baie trots is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



