Onnie agter tralies oor hy transgender leerling nie ‘hulle’ wil noem nie

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Onderwyser in Ierland wat geweier het om ‘n transgender leerling “hulle” te noem, sal nou Kersfees agter tralies deurbring.

Die Christelike onderwyser, Enoch Burke, is in September in hegtenis geneem nadat hy ‘n opdrag ignoreer het om van die Wilson’s Hospital School in Ierland weg te bly. Die skool het Burke in Augustus geskors omdat hy ‘n transgender leerling nie “hulle” wou noem nie. Burke het die skool se opdrag en hofbevel ignoreer en steeds by die skool opgedaag, wat tot sy inhegtenisname gelei het.

Burke het via ‘n videoskakel in die tronk met die regter in die saak kommunikeer en gevra of hy vrygelaat kan word. Hy noem dat hy nie ‘n dief, moordenaar of dwelmhandelaar is nie en dat hy in die tronk sit as gevolg van sy Christelike geloofsoortuigings. Die regter het egter geweier, omdat Burke nie met die hofbevel wil saamstem nie.

Burke sal dus nou Kersfees agter tralies deurbring, indien hy nie die hofbevel gehoorsaam nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel