Oekraïne ontdek martelkamer vir kinders deur Poetin se soldate opgestel

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Aanhoudingsel spesifiek vir kinders deur Russiese soldate opgestel is in ‘n gebou in die stad Kherson ontdek.

Die Oekraïense parlement se kommissaris vir menseregte, Dmytro Lubinets, het die inligting vandag vlugtig tydens ‘n mediakonferensie bekendgemaak.

“In een van die martelgeboue het ons ‘n klein, afgesonderde sel ontdek, waar kinders aangehou is. Die kinders self het dit ‘n ‘kindersel’ genoem.”

Die ontdekking is gemaak toe ‘n regsspan Kherson besoek het om bewyse van beweerde seksuele misdade deur Russies owerhede bymekaar te maak as deel van ‘n volskaalse ondersoek. – Daily Mail

Lees meer hier.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel