Stephen ‘tWitch’ Boss (40) het homself in die kop geskiet

Deel hierdie storie / Share this story

“tWitch” wat bekend en geliefd was as die dansende DJ op die Ellen DeGeneres-geselsprogram het homself Woensdag 14 Desember om die lewe gebring deur homself in die kop te skiet.

Hy was by ‘n hotel ingeboek ten tyde van sy hartseer selfdood. Die hotel is glo minder as ‘n kilometer van hul gesinswoning.

Daar was geen onmin of vooraf waarskuwings dat tWitch sy eie dood beplan het nie. Hy het net nie sy vrou se oproepe beantwoord nie en sy het hom glo die Dinsdag reeds as vermis aangemeld.

Die hotelpersoneel het gesê hy het na bewering die Maandagoggend met ‘n kleinerige kleresak vir slegs een nag ingeboek en daar was geen teken dat iets nie pluis was nie. Hy het nie die Dinsdag betyds uitgeboek nie, waarna sy liggaam ontdek is.

Ellen DeGeneres het die volgende plasings na sy dood gemaak:

“I’m heartbreoken. tWitch was pure love and light. He was my family, I loved him with all my heart. I will miss him. Please send your love and support to Allison and his beautiful children – Weslie, Maddox, and Zaia.”

“Right now what I want to do is remember all the love and laughter I had with tWitch. He brought so much joy to my life. I know he brought joy to yours too. I’m going to be sharing some of my favourite moments with him. If you want to you can also share yours. #IlovetWitch

Bronne: TMZ en People

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.