Drie glo met panga vermoor – familielid in hegtenis

Deel hierdie storie / Share this story

Elmoline Kemp (46), haar seun Peter (13) en haar suster Shireen Isaacs (54) is op Woensdag 14 Desember om ongeveer 05:45 by hul huis in Marlinstraat, Nooitgedacht, Bishop Lavis vermoor.

Kol. André Traut het bevestig dat al drie die slagoffers kopwonde gehad het. Hulle liggame is deur bure agter in die erf gevind.

‘n Bloeddeurdrenkte matras is langs die liggame gekry waar die vrouens met hul gesigte na onder gelê het en die seun op sy rug. Hulle is na bewering met ‘n panga vermoor.

‘n Verdagte (18) wat ‘n familielid van die oorledenes is, glo op die toneel in hegtenis geneem.

Wanneer hy aangekla is sal hy in die Bishop Lavis-landdroshof verskyn.

Die motief vir die moorde is tans steeds onbekend.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.