K-Lee Woest, die graad 9-leerling van Hoërskool Brandwag wat verlede week skielik oorlede is, is vermoedelik aan ‘n epileptiese aanval oorlede.
FiND iT het voorheen berig die skool het verlede week Donderdag die nuus van haar dood op Facebook bekendgemaak.
“Ons het met groot hartseer vanoggend verneem dat K-Lee Woest, ‘n leerling in graad 9, skielik oorlede is,” het die skool geskryf.
“Mag die familie en vriende krag ontvang in hierdie moeilike tyd sodat die hartseer wat hulle vandag ervaar, mettertyd draagliker sal word en plek maak vir hoop en berusting.”
“Die Here is naby dié wat hartseer is. Hy help hulle wat geestelik stukkend is.” Psalm 34:19
‘n Nadoodse ondersoek sal die oorsaak van haar dood bepaal, maar volgens Netwerk24 is sy weens ‘n epileptiese aanval oorlede.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



