Die Suid-Afrikaanse Polisiediens op Kakamas bevestig dat die liggaam van die kind, wat gister 21 November 2022 in ‘n veld naby Alheit Kakamas gevind is, dié is van die 5-jarige Shane Basson wat op 5 November 2022 as vermis aangemeld is.
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die meisie na bewering op 4 November 2022 gedurende die middag vermoor is.
Op 21 November 2022 om 20:00 is ‘n 37-jarige man by sy huis op Alheit Kakamas deur speurders van Kakamas SAPD in hegtenis geneem.
Die verdagte sal binnekort in die Kakamas-landdroshof verskyn op aanklag van moord.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



