Mads Properties: Droogfontein-ontwikkeling oorkant Gariep Medi-Clinic uitverkoop!

Deel hierdie storie / Share this story

Die Droogfontein-ontwikkeling oorkant die Gariep Medi-Clinic is deur Mads Properties uitverkoop.

Madelein Rudman, eienaar van Mads Properties, sê dit is basies genade, goedheid en guns wat dit moontlik gemaak het. “En advertering op FiND iT,” voeg sy grappenderwys by.

Al die erwe is in ‘n rekordtyd verkoop en nou begin die ontwikkeling volstoom om vir Kimberley ‘n nuwe en moderne ontwikkeling te bring wat nog nooit tevore gedoen is nie. Die paaie is reeds gelê, die water en rioolstelsel is al gelê en nou begin die bou van twee meenthuiskomplekse en ‘n leefstylsentrum.

Dié ontwikkeling beloof om Kimberley se ekonomie ‘n hupstoot te gee, nuwe behuising te skep en inwoners die geleentheid te gee om in styl te bly.

Sien die vorige berig hier.

Vir ander behuising of om jou eie huis uit te verhuur of te verkoop, kontak Madelein Rudman by 083 995 5799 of Heine Rudman by 082 945 2759.