Nadat haar seun 17 jaar gelede met ‘n gestremdheid gebore is, het Belinda Jacobs* haar werk bedank om voltyds na hom om te sien.

Kyle Jacobs* is serebaal gestrem en al vir jare in ‘n rolstoel gekluister.
Waar Belinda en haar seun agter in haar dogter se erf in ‘n woostel bly, is die Sassa-geld nie meer genoeg om al hul uitgawes te dek nie.

Kyle dra permanent doeke en gebruik minstens 120 doeke per maand. Dit kos ongeveer R258 vir 12 doeke. Kyle kan nie eet nie en drink net sjokolade Ensure-melk, wat R285 per blik kos, en water.
Volgens Speading the Love NPO SA kon hulle Belinda nog altyd help, maar weens ‘n tekort aan donasies vanaf Covid-19 kon hulle nie meer al die doeke en melk voorsien nie.
“Al die doeke en melk word by die sentrum gehou, en Belinda kom kry soos sy nodig het.”
Belinda en Kyle eet elke dag by die sentrum en volgens die mense wat daar werk, het Belinda altyd ‘n glimlag op haar gesig en “jy hoor haar nooit kla oor enigiets nie.”
Indien jy ‘n bydra wil maak, kontak Lizelle op 0825494174 of stuur ‘n e-pos na spreadingthelove.always@charne
*Skuilvan gebruik
Foto’s: Spreading the Love NPO SA
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



