Vyf dood, 17 beseer in skietaanval by gay nagklub

Deel hierdie storie / Share this story

Vyf mense is doodgeskiet en 17 is gewond tydens ‘n skietery wat die naweek by ‘n gay nagklub in Colorado Springs, VSA plaasgevind het.

Die 22-jarige Anderson Lee Aldrich word deur vyf moordklagtes in die gesig gestaar na ‘n skietery Saterdagaand by Club Q. Die skietery het Saterdagaand net voor middernag plaasgevind.

Pamela Castro, woordvoerder van die polisie, sê die aantal slagoffers kan nog verander soos die ondersoek vorder.

Die nagklub het op Facebook gesê hy is platgeslaan oor die sinnelose aanval op sy gemeenskap en het twee nagklubgangers bedank wat die verdagte bestorm het en met sy eie pistool gewond het. Die verdagte is onder polisiebewaking in ‘n hospitaal.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel