Familie vra dat blad van vermiste Willem op Facebook verwyder moet word

Deel hierdie storie / Share this story

Die familie van die vermiste Willem Kruger (29) wat op 12 November 2022 spoorloos verdwyn het, het gevra dat die Facebook-blad Ons soek Willem Kruger verwyder moet word.

Die persoon wat die groep begin het, het ‘n plasing daaroor op Facebook gemaak. Hy het ook gevra dat alle verwysings na hom in vorige artikels in die media met sy naam verwyder moet word.

Hy wil ook in die toekom as “anoniem” bekendstaan.

Lees sy laaste plasing hier:

Op versoek van die familie is die “Ons soek Willem Kruger” Facebook-groep verwyder.

Ek respekteer die Kruger-familie baie, en gun hulle hul privaatheid.
Ek verstaan hulle redes 100%. Ek bly nogsteeds ‘n vreemdeling vir hulle. Ek sou dieselfde in hulle situasie gedoen het.

Ek wil graag die rede hoekom hierdie groep begin het met die familie deel.
Die Sondagaand voor daar enige nuus oor Willem was, het die Here met my kom praat. Ek was geskok. Ek het hoendervleis gekry.
Voor Willem was my geloof maar klein, my Bybel vol stof en ek het nie in ‘n goeie verhouding met die Here gehad nie.
Nadat die Here met my kom praat het, was die eerste ding wat my aandag gevang het ‘n poster op Instagram van Willem. Ek het geweet, dis waaroor die Here met my gepraat het.

Ek wil graag dankie sê vir Willem. Te danke aan jou bid ek elke keer as ek bekommerd is. Lees my Bybel elke aand en het nou ‘n verhouding met die Here. ‘n Sterk een. Binne 8 dae het jy my lewe verander. Worship musiek speel heeldag in my kantoor. Ek sal vir ewig dankbaar wees daarvoor.

Die doel van die groep was om mense nuwe hoop te gee, en Willem se naam te versprei. Die groep het sy doel bereik, en oor 300 000 mense bewus gemaak van Willem se verdwyning. Daar was 40 000 mense wat deel geword het van die groep onder 1 week.

Aan die Kruger-familie: Julle sal nooit verstaan hoe jammer ek voel of hoe skaam ek kry nie. Dit was nie my plek nie. Ek hoop dat julle dit in julle harte sal kry om my te vergewe.

Ek sal steeds aanhoudend vir Willem bid. Ek sê vir ‘n laaste keer: “n Wonderwerk is op pad.

Onthou om asseblief môre, 21 November om 8 uur vir Willem te bid.

Ek groet julle,
Ek sal graag in die toekoms Anoniem wil bly.

Alle plasings wat op die Ons soek Willem Kruger Facebook-groep gedeel was, is intussen verwyder.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel