Willem se bakkie gekry, asook ‘n man se liggaam

Deel hierdie storie / Share this story

Die vermiste wit Toyota Hilux-superkajuitbakkie wat aan die vermiste Willem Kruger (29) behoort, is gekry.

Volgens Netwerk24 het die polisie ook op die liggaam van ‘n man afgekom.

Die bakkie en oorskot is volgens Netwerk24 gevind sowat 100 meter van waar ‘n deskundige wat motorongelukke rekonstruktueer, Saterdag bevind het die bakkie in die water ingery het.

Dis nog nie bevestig of die liggaam Willem Kruger se liggaam is nie.

Hou FiND iT dop vir meer inligting.