‘Justice for Bafana’ optog beplan by skool na selfdood – leerling trek glo beskuldigings terug

Deel hierdie storie / Share this story

“Justice for Bafana” beplan om die hekke van Hoërskool Kriel te versper in ‘n beplande protesaksie-optog nadat Bafana Sithole Donderdagoggend selfdood in ‘n klaskamer se stoorkamer gepleeg het.

Gerald Sambo, woordvoerder vir onderwys in Mpumalanga, sê dit is kommerwekkend, aangesien eksamen geskryf word en het bygevoeg dat ‘n ondersoek na die omstandighede wat tot Bafana se selfdood gelei het, onderweg is.

Leerlinge het aan Emalahleni FM Nuus gesê dat Bafana na bewering beskuldig was van seksuele mishandeling van ‘n mede-leerling, wat die klag glo ná sy selfdood teruggetrek het. Hulle sê voorts dat die skool hom van sy balkies onthef het as lid van die RCL en hoof van sport in 2023.

Die departement wag op ‘n verslag van die ondersoek om volgende stappe van aksie in werking te stel.

Die Kriel-gemeenskap word versoek om kalm te bly en die ondersoek sy gang te laat gaan en nie in eie reg op te tree nie. Daar word ook versoek dat enige inligting rakende Bafana se selfdood aan die Kriel-polisiestasie oorhandig moet word.

FiND iT is in besit van WhatsApp-boodskappe wat Bafana aan sy ma gestuur het voordat hy selfdood gepleeg het.

Bron: Emalahleni FM News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.