Theané Willemse het die afgelope week Suid-Afrika by die Miss Teen Universe-kompetisie in Miami verteenwoordig.
Theané het algeheel derde plek behaal en Suid-Afrika se naam hoog gehou.
Vir dié boorling van die Noord-Kaap, was dit ‘n ongelooflike ervaring. “Ek wil graag die Miss Teen Universe Suid-Afrika organisasie bedank vir die ongelooflike geleentheid en ervaring.
“Ek sal vir ewig dankbaar wees vir hierdie geleentheid. Dankie aan die Miss Teen Universe-organisasie wat hierdie onvergeetlike week vir ons geskep het. Ons het almal soos koninginne gevoel!
“Dankie aan my pragtige en talentvolle grimeerkunstenaar en vriendin, Micayla Smith, wat my elke dag soos ‘n koningin laat lyk het. Dankie vir jou ondersteuning en dat jy my groot suster is. Ek is baie lief vir jou en waardeer jou. Aan al die deelnemers, julle is soos my familie en ek gaan julle mis!”
Kyk meer op haar Instagram oor dié geleentheid, hier:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



