Dis terug tronk toe vir oud-pres. Jacob Zuma

Deel hierdie storie / Share this story

Jacob Zuma, voormalige president, moet by die Estcourt-gevangenis aanmeld om sy tronkstraf uit te dien.

Twee howe het beslis dat Zuma nooit mediese parool moes ontvang het nie. Die uitspraak is eenparig deur die onderskeie regters gemaak.

Zuma se appèlaansoek wat hy voor die Bloemfonteinse appèlhof gebring het om te betwis dat sy paroolbeslissing ongrondwetlik was, het misluk.

Die applikante – DA, AfriForum en Helen Suzman-stigting – het sy parool as ongrondwetlik bestempel en dit voor die hof gedaag.

Tati Makgoka, regter van die Bloemfonteinse appèlhof, het Zuma ook verantwoordelik gemaak vir regskostes van die applikante.

Die oud-president se siekte, wat die oorsaak van die mediese parool was, blyk iets van die verlede te wees.

Zuma kan wel verder na die konsitusionele hof appèlleer.

Die DA en AfriForum het die beslissing verwelkom.

Bronne: AfriForum, DA en Times Live

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.