‘n Ma, pa, en hulle ses maande oue babadogter van Northland in Nieu-Seeland was op pad huis toe ná ‘n partytjie op die strand toe hulle in ‘n gru-ongeluk oorlede is.
Volgens NZ Herald was die ouerpaar, Pari Edwards en Ngarinu Hape, se sesjarige seun, Pare Hare Hika Edwards, ook in die voertuig. Hy het ernstige beserings opgedoen en is in die Starship-hospitaal in Auckland opgeneem.
Die ongeluk het omstreeks 16:10 Sondagmiddag plaasgevind.
Hulle motor het kop-aan-kop met ‘n ander voertuig gebots.
Angel-Rose Hape, ‘n vyfjarige wat in ‘n ander motor was toe die ongeluk plaasgevind het, se sussie sê die paartjie sou die volgende dag by haar kom kuier.
“Ek het oomblikke voor die ongeluk via video-oproep nog met hulle gepraat. Hulle sou huis toe terugkeer, inpak en dan na Auckland kom om vir my te kom kuier.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



