Ma van drie sterf in fratsongeluk by Typo-winkel in Kaapstad

Deel hierdie storie / Share this story

Die 41-jarige vrou wat Donderdag dood is toe ‘n boekrak by ‘n Typo-winkel in Bellville, Kaapstad op haar geval het, is ‘n ma van drie.

FiND iT het voorheen berig ‘n geregtelike doodsondersoek word tans deur die polisie gedoen.

Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig die voorval het omstreeks 12:50 Donderdagmiddag plaasgevind.

Die Weekend Argus berig Jihann Orrie was vir 14 jaar ‘n werknemer by die winkel in die Tygervallei-winkelsentrum.

Volgens die Weekend Argus het Orrie haar man, Riyad, 15 maande gelede aan Covid-19 verloor. Sy het drie kinders van onderskeidelik 7, 16 en 21 jaar oud.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel