Man se liggaam spoel langs rivier uit

Deel hierdie storie / Share this story

Die Thornhill-polisie vra die gemeenskap se samewerking om ‘n onbekende man te identifiseer na sy liggaam Sondagoggend langs ‘n rivier uitgespoel het.

Volgens kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het ‘n hengelaar tussen die Gamtoos- en die Van Staden-riviermond visgevang toe hy die persoon se liggaam gesien het.

Die liggaam het al so ontbind dat die polisie nie sy ras of ouderdom kan vasstel nie. Enigiemand wat die polisie kan help om die man te identifiseer of weet van iemand wat vermis is of verdrink het, kan die polisie by 083 628 0386 kontak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel