Kyk: Busse in Khayelitsha aan die brand – passasiers ontsnap net-net

Deel hierdie storie / Share this story

Die openbarevervoersektor in Khayelithsha in die Wes-Kaap het protesaksies aangemeld. Daar is reeds ‘n MyCiti-bus asook ‘n Golden Arrow-bus aan die brand gesteek.

JP Smith, tussentydse leier van die DA in die Wes-Kaap in beheer van veiligheid en sekuriteit, sê streng waarskuwings is gerig aan diegene wat hulself aan protesaksies gaan skuldig maak.

“‘n Golden Arrow-bus wat gekaap was, kon deur wetstoepassers onderskep word en die kaper is gearresteer.”

Meer wetstoepassers is op busroetes ontplooi.

Hierdie betoging is deur die taxibedryf self geinisieer weens ‘n afdwingaksie wat teen hulle ingestel is en vir die beëindiging van die provinsiale regering se “Blue Dot-program.”

Waarskuwings sal nou in daad omgesit word en meer wetstoepassing sal in die Khayelithsa-area plaasvind in antwoord op die gewelddadige protesaksies wat ondervind word.

SANTACO het gevra vir ‘n wegblyaksie van taxi’s in die openbarevervoersektor vir vandag en môre.

Hulle ondervind tans ‘n probleem met die onregverdige skut van minubustaxi’s asook eise dat dit meer as 90 dae in die skut bly en dan in elke geval vernietig sal word.

JP Smith sê dat die inligting verkeerd is en dat slegs taxi’s wat nie aan wetlike vereistes voldoen nie, of wette verbreek, geraak sal word, en dat die taxi’s teruggegee word sodra daar aan alle wetlike vereistes voldoen word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.