Zimbabwiër tydens rusie vermoor

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Zimbabwiër is Maandagoggend glo tydens ‘n rusie in Parkgate, KwaZulu-Natal vermoor.

Volgens Reaction Unit South Africa (Rusa) is lede omstreeks 07:38 na die toneel in ‘n straat in B Section ontbied. Rusa sê die Zimbabwiër is tydens ‘n rusie in sy bors gesteek. Hy het glo erg gebloei na die besering en is dood voor lede op die toneel aangekom het.

Die verdagte het te voet gevlug. ‘n Moordsaak word ondersoek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel