In die nuuste episode van die Real Housewives of Pretoria sê een van die deelnemers, die sakevrou Melany “Mel” Viljoen, dat sy die patent besit om diamante op naels aan te bring.
Die Tammy Taylor Nails SA-stigter, het ook die ander deelnemers bederf met ‘n “diamant-naeldag”.
“Ek het die wêreldwye patent vir die sit van diamante op die naels. So ek het eendag besluit dat diamante op die naels fantasties sou wees en ek het gehoop dat almal dieselfde dink,” het sy in die jongste episode van Real Housewives van Pretoria gesê.
Mel het onthul dat hulle diamant-naelstelle vir ‘n allemintige R100 000 verkoop.
Die realiteitster se man, voormalige prokureur Peet Viljoen, het toe, vergesel van lyfwagte, op ‘n dramatiese wyse by sy huis aangekom en aangekondig: “Ek het egte diamante gebring vir diegene wat dit wil hê.”
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



