Drie vas na moord op Duitse toeris in Okt.

Deel hierdie storie / Share this story

Drie verdagtes tussen die ouderdomme van 25 en 28 is verlede week in verband met die moord op ‘n Duitse toeris in hegtenis geneem.

Die 67-jarige Jörg Schnarr is in Oktober by die Nasionale Krugerwildtuin se Numbi-hek doodgeskiet.

Volgens die polisie is een van die verdagtes by ‘n winkel in Nelspruit in hegtenis geneem en die ander twee is onderskeidelik op Badplaas en Elukwatini vasgetrek.

Een van die twee verdagtes was glo in die besit van ‘n wit Toyota Tazz, wat glo tydens die moord op Schnarr gebruik is, gevind. ‘n Vuurwapen met ‘n afgevylde reeksnommer en ammunisie is ook in die verdagte se besit gevind.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel