Afrigter by Hoërskool Adamantia in Kimberley sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Jacques le Roux, ‘n oud-Addie en afrigter by Hoërskool Adamantia in Kimberley, is oorlede. Die skool het op Facebook die nuus van Le Roux se dood bekendgemaak.

Le Roux het in die derde kwartaal by Adamantia begin krieket afrig.

“Jacques het sy tyd en vaardighede onbaatsugtelik met die leerlinge gedeel en in ‘n kort tyd ‘n groot bydrae, nie net op die sportveld nie, maar ook tot die leerders se persoonlike ontwikkeling gelewer.”

“Jacques, dankie vir die groot verskil wat jy gemaak het. Jy was ‘n goeie afrigter en nog belangriker – ‘n goeie mens. Jy het diep in ons harte gekruip en ons gaan jou baie mis, maar die kinders sal altyd onthou wat jy hulle geleer het.

Rus in vrede, Coach.”

Volgens Jacques Deyzel, ‘n vriend van Le Roux, is hy aan ‘n hartaanval oorlede. Medelye stroom in op sosiale media soos inwoners hom onthou.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel