Volkslied laat die oë rek

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrikaners is glo onsteld ná die sing van die Volkslied voor die Springbokke se wedstryd teen Italië Saterdag.

Die aktrise en sangeres, Nicole Magolie, wat die volkslied gesing het, het die oë laat rek met haar weergawe van die lied.

Mense het die optrede as “die slegste” beskryf en dat dit “vernederend” was voor ‘n internasionale wedstryd.

Magolie moes aanpas by die lang, stadige, uitgerekte begeleiding en dit het gelyk of die Bokke dit amusant gevind het.

Magolie is ‘n operasangeres wat gereeld in Italië optree. Sy is ook bekend vir haar jazzverwerkings van liedjies.

Die volkslied was glo 50 sekondes langer as normaalweg.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.