Durban-leerling met mes gesteek by skool

Deel hierdie storie / Share this story

’n 14-jarige is glo Donderdag deur ander leerlinge by ’n hoërskool in die Greyville-gebied in Durban met ’n mes gesteek.

Kyle van Reenen, woordvoerder van Emer-G-Med, het gesê dat Emer-G-Med-paramedici omstreeks 09:00 na ‘n hoërskool is nadat hulle berigte van ‘n messteek ontvang het.

“Berigte van die toneel is dat ‘n 14-jarige leerder ‘n steekwond aan sy regterhand opgedoen het tydens ‘n onderonsie met ‘n groep mede-leerders,” het hy gesê.

Van Reenen het gesê die beseerde seun is op die toneel behandel en gestabiliseer voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere sorg.

Bronne: IOL, Times LIVE

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Leerling skiet glo onderwyser met gesteelde wapen