Dischem het einde ten laaste, op ‘n regsdokument, aan Solidariteit bevestig dat daar geen moratorium op die bevordering en aanstelling van wit werknemers en aansoekers vir indiensneming is nie.
Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het die nuus so ‘n rukkie gelede op sy Faceboek-blad gedeel.
Dit volg na ‘n omstrede brief deur Ivan Saltzman, die uitvoerende hoof van Dischem, waarin ‘n moratorium op die aanstelling en bevordering van wit mense in Dischem uitgelek het. Die brief het verbruikers wat Dischem ondersteun het, woedend gehad.
Aankope by Dischem is summier geboikot, waarna ondersteuning aan plaaslike apteke toegesê is.
Solidariteit het onmiddellik met ‘n regsproses begin, en nadat die regsbriewe eers geïgnoreer is, het Dischem wel aan die media te kenne gegee dat die moratorium gelig is, maar dit nie op skrif gestel nie.
Hermann sê dit is verbruikersaktivisme wat Dischem R1,9 miljard se aandeelwaarde laat verloor het, wat die ommekeer in Dischem se rasbeleid teweeggebring het.
Hy het bevestig dat Solidariteit voortgaan met ‘n regsaansoek dat inligting openbaar moet word en soek volledige inligting. Solidariteit gaan toesien dat Dischem die daad by die woord voeg en dit monitor.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



