‘n Ambulans wat aan die Vrystaatse gesondheidsdienste behoort, het gister op die R76-pad tussen Steynsrus en Kroonstad met ‘n swanger pasiënt in gerol. Die nooddienswerkers en swanger pasiënt is ongeveer 11:00 by Boitumelo-hospitaal opgeneem vir beserings wat hulle opgedoen het, waarna die ma om 13:00 aan ‘n babadogter geboorte gegee het.
Volgens die departement van gesondheid in die Vrystaat het die regtervoorwiel van die ambulans gebars, waarna die bestuurder beheer oor die ambulans verloor en dit toe gerol het.
Die bestuurder van die ambulans is sonder beserings ontslaan. Die ander mediese beampte het egter ‘n beenfraktuur opgedoen en is tans in die Kroon-hospitaal in Kroonstad.
Die swanger vrou, wat normaal geboorte kon gee, se toestand is as stabiel beskryf en sy was by haar volle bewussyn. Die vrou het beserings aan haar pelvis en hoof opgedoen. Sy sal onder observasie bly.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



