‘n Man (23) van Mannenberg in Kaapstad is in hegtenis geneem ure nadat hy ‘n selfie-video geneem het terwyl hy seks met ‘n hond het. Die video is op sosiale media gedeel.
Die Cape of Good Hope SPCA het die video gesien wat vir hulle aangestuur is en het dadelik ondersoek ingestel. Die man se huisadres is binne enkele ure geïdentifiseer.
Jaco Pieterse, hoofinspekteur van die DBV, sê die man is met behulp van die Mannenberg-polisie en wetstoepassers van Kaapstad sowel as metropolisielede in hegtenis geneem.
‘n Jong, klein tipe hond is van die perseel verwyder. Die hond is nie net seksueel aangerand nie, maar het in ‘n klein houtboks gebly. Die hond is deur ‘n veearts ondersoek en bly by die DBV in veilige bewaring.
‘n Klagte van bestialiteit is geregistreer.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



