Die leerling wat glo ’n onderwyser geskiet het wat hom aangespreek het oor hy raas terwyl matrieks eksamen skryf, het glo die geweer by ’n familielid gesteel.
‘n Woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in KwaZulu-Natal, Natasha Ramkisson-Kara, het gesê die leerling (16) het Dinsdag in die Ntuzuma-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord en diefstal van ‘n vuurwapen.
“Die staat beweer dat hy ’n familielid se vuurwapen uit ‘n geslote kluis gesteel en skool toe geneem het. By die skool het hy na bewering op ‘n onderwyser geskiet. Die saak is tot 12 Januarie 2023 uitgestel vir verdere ondersoek. Die leerder is in die bewaring van ‘n voog vrygelaat,” het Ramkisson-Kara gesê.
Die Daily News het Dinsdag berig dat ’n leerling verlede Donderdag ’n 30-jarige onderwyser geskiet het, na hy hom gedreig het, omdat dié hom aangespreek het toe hy raas terwyl matrieks eksamen skryf.
Bronne: Daily News, IOL
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.
Lees ook: Leerling skiet glo onderwyser wat hom tydens eksamen stilmaak



