’n Leerling (16) van KwaZulu-Natal moet Dinsdag in die hof verskyn ná hy glo sy onderwyser geskiet en gewond het tydens ’n argument by die Sekondêre Skool Mqhawe.
Volgens die polisie het die leerling verlede Donderdag 11:30 glo sy 30-jarige onderwyser geskiet na dié hom aangespreek het oor hy geraas gemaak het terwyl die matrieks eksamen skryf. Die leerling het glo die onderwyser gedreig en gesê hy gaan hom skiet wanneer die skool uit is en dit is glo wat hy gedoen het.
’n Saak van poging tot moord is teen die leerling geopen.
Bronne: IOL, DFA, VN Explorer
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



