Boer wat skok, kry eerste veloorplanting

Deel hierdie storie / Share this story

Roux Steenkamp (30) gaan Vrydag sy eerste veloorplanting kry nadat hy op 3 November by ‘n Eskom-aansluitingkragkabel geskok het. Ongeveer 22 000 volts het deur sy liggaam gegaan. Sy ongeluk word as ‘n fratsongeluk beskryf.

Volgens Burre Burger gaan dit elke dag beter met Steenkamp en sy fisiese vordering lyk goed.

“Daar is nog kans vir infeksie en dit word baie fyn gemonitor. Sy organe funksioneer mooi.”

Burger vra mense moet vir Steenkamp se gemoed en psigiese verwerking van alles wat die afgelope tyd gebeur het, bid.

“Daar lê reuseveranderinge in sy lewe voor. Daar wag ‘n moeilike pad vir hom en sy vrou Enja.”

Enja is tans 22 weke swanger met die paartjie se eersteling.

Roux en Enja

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel