Die Sizwe Kupelo Foundation het uiteindelik 72 731 stemme op die petisie om pitbull terriërs as huis-troeteldiere te verban en wag nou vir ‘n datum vanaf die departement van landbou en grondhervorming om die petisie te oorhandig.
Dit volg na die laaste aanval op Olebogeng Mosime (8) wat Saterdag dood is nadat die bure se pitbull uitgekom, oor ‘n heining gespring en die kind verskeur het.
Die petisie moes 50 000 stemme kry alvorens dit aangehoor kon word.
Wanneer die onderwerp aangeraak word, word mense onmiddellik in twee kampe verdeel. Diegene wat vir die petisie is en dan die eienaars wat pitbull terriërs het en glo dit is nie die hond se skuld dat kinders en mense aangeval word nie, maar die manier hoe die hond geleer is.
Besoek ook Good Cause se petisie-blad waarin hulle handtekeninge werf om hondegevegte stop te sit.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



