Iran gaan nie 15 000 betogers doodmaak nie

Deel hierdie storie / Share this story

Betogings dwarsoor Iran, meestal gelei deur vrouens, gaan nou al vir weke aan na die dood van Mahsa Amini wat in polisieaanhouding dood is na sy oor die dra van haar hidjab in hegtenis geneem is.

Die betogers eis verbeteringe aan menseregte en burgerlike vryhede. Menseregtegroepe het gesê meer as 15 000 betogers is deur die Iranse regering in hegtenis geneem.

Maandag het verskeie plasings op sosiale media versprei, sommige van bekendes soos Viola Davis, Sophie Turner en Peter Frampton, wat beweer dat 15 000 betogers ’n doodstrafvonnis gekry het.

Dit is onwaar. Sover het slegs een persoon ’n doodstrafvonnis ontvang. Die meeste plasings oor die doodstrafvonnisse het ’n artikel van Newsweek gebruik as ’n bron, maar die artikel kon nie geverifieer word nie.

In Newsweek is glo ’n brief gebruik waarin Iranse wetgewers die regering aanhits om “ernstige straf” toe te dien aan diegene wat tydens betogings in hegtenis geneem is.

Bronne: Times Now News, Verify This, DNA India

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Eerste doodstraf bekend vir betogings in Iran