Man wat marathon hardloop, kettingrook die hele 42 km

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Chinese man (50), bekend as Uncle Chen, het ‘n 42 km-marathon voltooi en deur die hele marathon sigarette gerook.

Die 50-jarige Chen het die Xin’anjiang-marathon in Jiande, China voltooi. Foto’s van die man van Guangzhou is wyd op ‘n Chinese sosialemediaplatform versprei.

Chen was 574de in die wedloop met ‘n indrukwekkende tyd van 3:28:45. Daar was in totaal 1 500 atlete wat aan die marathon deelgeneem het.

Chen is volgens Canadian Running Magazine bekend daarvoor om te rook terwyl hy hardloop. Hy het in 2018 die Guangzhou-marathon gehardloop en in 2019 die Xiamen-marathon.

Chen is glo ook as “Smoking Brother” bekend.

Daar is tans geen reëls wat deelnemers verbied om sigarette te rook terwyl hulle hardloop nie.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel