Onderwyser geskors na hy sê sy ras is beter

Deel hierdie storie / Share this story

’n Onderwyser van Texas, in die VSA, is geskors nadat hy vir sy leerlinge gesê het hy is beter as hulle, omdat hy wit is.

In ’n video wat op sosiale media gedeel is, was die onderwyser in ’n klaskamer met ’n meerderheid swart leerlinge toe een van hulle hom vra of hy regtig rassisties is, waarop hy geantwoord het: “Hoeveel keer moet ek dit nog sê?”

Die gesprek het verder eskaleer en hy het vir studente gesê hy is gefrustreerd met die gesprek, terwyl een van die studente vir hom gesê het hy was die een was wat dit begin het.

“Iemand het ‘n vraag gevra, en ek het gereageer. Diep in my hart is ek etnosentries, en ek dink dat my ras die beter een is,” word hy in die video gehoor.

Terwyl sommige van die studente oor hierdie sentiment gelag het, het ander voortgegaan om die saak te ondersoek. “So, wit is beter as almal?” het een tiener gevra.

Die onderwyser het geantwoord dat hy glo dat elke kultuur en ras eerlik dink dat hulle beter is as ander, maar nie eerlik daaroor is nie.

“Ek het jou vir ‘n rukkie gerespekteer, maar nou het ek nie meer respek vir jou nie,” het een van die studente gesê.

In ‘n verklaring het die plaaslike polisie gesê hulle is bewus van die “onvanpaste” gesprek tussen ‘n onderwyser by Bohls Middle School en studente tydens ‘n adviesklas.

“Hierdie interaksie strook nie met ons kernoortuigings as ‘n distrik nie. Die video van die gesprek bevat stellings wat ons heeltemal onvanpas vind. Die onderwyser is op administratiewe verlof geplaas terwyl Menslike Hulpbronne ‘n ondersoek doen,” het die polisie in die verklaring gesê.

Bronne: IOL, NDTV, Mirror

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Drie in hegtenis na hulle glo polisie aanrand