Grimeerkunstenaar vermoor op pad huis toe

Deel hierdie storie / Share this story

Die Bothasig-polisie ondersoek ’n saak van moord op Suritha Alting, wat die naweek doodgesteek is toe sy op pad huis toe was.

Alting, ’n grimeerkunstenaar wat onlangs uitgevind het sy gaan oorsee op ’n boot werk, is met verskeie steekwonde in Sylviastraat gekry.

Sy was glo op pad huis toe van ’n restaurant af, toe sy naby haar woonplek beroof en gesteek is. Sy is later in die hospitaal oorlede.

Bronne: IOL, Cape Town NETC, Ghanamma

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel

Lees ook: Leerling skiet glo onderwyser wat hom tydens eksamen stilmaak