Zeenat Simjee, die Springbokke se dieetkundige wat na bewering ‘n verhouding met Elton Jantjies gehad het, ontken dat dit sy was wat vroeër vanjaar saam met Jantjies in ‘n gastehuis in Mbombela (Nelspruit) gesien is.
Haar prokureur, Frikkie Erasmus het glo aan Netwerk24 gesê sy kliënt bly staan by haar ontkenning dat sy in ‘n verhouding met Jantjies was, of steeds is. Volgens Erasmus is dit ‘n geval van “mistaken identity“. Volgens hom was Simjee nooit daar nie. Simjee en Erasmus hou vol dat sy daardie naweek by ‘n familiebegrafnis was.
Erasmus het glo wel gesê hulle weet wie die vrou is wat saam met Jantjies in die gastehuis was. Hy wil nie die identiteit bekend maak nie, omdat dit glo meer probleme sal veroorsaak.
Iva Ristic, Jantjies se vrou, het aan Netwerk24 gesê Simjee het steeds boodskappe aan haar man gestuur waarin sy glo vra dat Jantjies ophou om foto’s van Ristic op sosiale media te plaas.
Erasmus het glo die laaste drie gesprekke tussen Jantjies en Simjee gesien. Simjee vra Jantjies glo om haar uit te los en dat sy nie met hom wil praat nie. “Hy is ‘n slegte vriend”
Volgens Erasmus het Simjee enorme skade gely en ly sy nog steeds.
Lees vorige artikels hier:
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



