Sarel van der Merwe, bekende slangvanger van KwaZulu-Natal, waarsku inwoners om seker te maak dat hul erwe skoon is om sodoende slange weg te hou.
“Julle, asseblief, hou jou plek skoon sodat dit help om rotte en later ook slange weg te hou,” het hy in ‘n Facebook-plasing gewaarsku.
Van der Merwe het dié week ‘n reuse-swartmamba by ‘n huis in Gamalakhe aan die suidkus van KwaZulu-Natal gevang. Hy noem dat hy vir meer as ‘n maand probeer het om die slang te vang.
“Soos ek by die stoorkamer ingekyk het, het hy van die dak af ingekom en in ‘n hoek gaan wegkruip. Dit was nie lekker nie en ek het na hom begin soek. Die stoorkamer was skielik te klein vir beide van ons.”
Toe die slang verby Van der Merwe wou seil, het hy hom gevang.
Van der Merwe het ook vroeër ‘n swartmamba by ‘n huis in Grape Vine verwyder, asook ‘n groenmamba in Seapark.



Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



