Het jy al ‘n Milkybar-sponskoek probeer maak? Perfek om dié vakansie saam met die kinders te bak en te geniet.
Bestanddele:
1¼ k strooisuiker
4 eiers
60 g margarien
1 k melk
1t vanieljegeursel
4 e kookolie
2 k bruismeel
Metode:
Klits strooisuiker en eiers met elektriese klitser vir 5 minute op hoog tot lekker dik.
Smelt botter, melk, vanieljegeursel en olie in mikrogolf net tot warm.
Vou bruismeel in suiker-en-eiermengsel in.
Voeg warm melk by en vou in. Bak in gesmeerde vierkantige oondpan vir 25-30 minute by 180 °C.
MilkyBar-versiersel:
1 blikkie Idealmelk
2 slabs Milkybar-sjokolade
Maak Idealmelk warm in kastrol op stoof en roer 1½Milkybar-slab blokkie vir blokkie by tot gesmelt en roer goed.
Gooi oor geprikte koek. Rasper res van Milkybar oor koek wanneer heeltemal afgekoel.
Bron: Onbekend
Plasing: Marianne Pampoen / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



